Ek deel graag my storie met mense wat die operasie oorweeg en hulle lewe lank met gewig sukkel. Ek het tot en met matriek 80kg geweeg. Na skool het ek gewig begin optel, eet by koshuis, daarna Spur, enige chips, hele dag deur peusel aan ongesonde kos. Ek was nooit ooit regtig gelukkig nie, ek het my seer en alleen aan kos oorgegee om beter te voel en so het ek elke liewe jaar, maand swaarder en swaarder geword tot 25 Julie 2012 eindig ek met 165kg.

 

My gesondheid het daaronder gely, ek was op boarderline diabetes, ek het soos opgeblaaste padda gelyk. Ek woon alleen, so ek het elke aand soetgoed, soos paar “slabs, nougat, chips ens verorber, want ek het geweet niemand gaan sien of weet, tot ek een oggend net besef het so kan ek nie aangaan nie en het besluit om Dr Andre Potgieter te gaan sien.

 

Met ons afspraak het dr my opsies verduidelik en ek het my Gastric Bypass operasie gekry. Dit is ‘n “gevaarlike” operasie, maar voor die tyd word mens deur baie toetse gesit om te verseker daar is geen kieme in maag, sien sielkundige, dieeetkundige ens voor operasie uitgevoer word.

 

Ek het die paar dae in hospitaal 8kg verloor omdat ek my maag wat nou so groot is soos eier, moes leer en konnie baie eet nie dan is ek trommeldik.

 

My cravings na soetgoed is baie minder. Ek is eerlik as ek se ek verneuk so nou en dan, maar niks oorbodig soos take-aways, vetterige kos, kitskos ens. Dis harde werk, niks is maklik nie. Al is my maag nou so klein soos eier, verg dit harde en selfdissipline en oefening, maar glo my dis elke sweetdruppel werd. Kyk hoe het ek gelyk en vir die eerste keer in my lewe en ek word 20 Julie 42 is ek lief vir myself, my gesig, my lyf al moet ek nog baie verloor. Ek het dit vir myself en gesondheid gedoen want sou ek nog opgetel het, sou ek dalk nie gelewe het om my storie met julle te kon deel.

 

Ek kan Gastric Bypass met oop hart aanbeveel en elke liewe persoon, van ontvangs, Dr Potgieter, Judy almal wat professioneel is en nou nog as ek hulp nodig het help hulle my. Nog ‘n goeie voorstel is raak betrokke by ondersteunings network, mense wat dalk oop die operasie wil doen of oorweeg. Daar sal altyd mense wees wat se hulle hoor dit en dat, maar ek se altyd, enige liewe ding in die lewe het risiko’s, dis wat jy as indivudi daarvan maak.

 

Gastric Bypass IS EN SAL SUKSES wees, mens moet jouself oppas en doen wat dr en Judy gee instuksies en dis soos hulle se hulle kan die “tools” gee, maar dis elke ou se eie keuse om sukses daarvan te maak, want as mens nie reg gaan eet na die operasie, veral braaivleis, pies ens dis uit, jy sal siek word – vir eerste maand dink ek na operasie kry jy riglyne presies wat om te eet,drink ens.

 

Vandag is ek trots op myself wat jare lank ongelukkig en maar masker opgesit het dat als ok is, maar soos ek hierdie briefie tik, hoop ek regtig ek kan inspirasie vir iemand wees.

 

RC1 RC2