Ietsie uit my lewe……………….
Van kleins af was ek oorgewig kon uit ‘n gesin waar almal “groot” mense is. Ek was altyd baie gelukkig ten speite van die feit dat ek oorgewig was as ek vir jou se date k nooit gevoel het ek mis uit op dinge as gevolg van my gewig nie dan is dit bloot die feit dat ek enige iets binne my vermoee sou doen was nooit iemand wat nie aktief was nie ten spuite van my hoe gewig. Ek is in 2001 met ‘n wonderlike man getroud en ons is nogsteeds baie gelukkig en het wonderlike tye al saam gehad ten spuite van my gewig. ‘n Vriendin van my was by Dr. Swanepoel en het my verskriklik aangemoedig om na hom te gaan maar ek was bang wou nie later was ek al so moeg van haar wat my die heeltyd vra wanneer ek dan nou my afspraak maak om na hom te gaan dat ek dit toemaar gedoen het. (Dankie vandag daarvoor Lizelle van Zyl – sal jou ewig dankbaar wees!!!) Ek het Dr Swanepoel besoek en daardie eerste dag Mei 2014 was my gewig 226.6kg ek het amper ‘n hart aanval gekry. Hy het gese dat ek drasties moet gewig verloor en hy slegs my operasie sal doen as ek 26kg verloor en my na Judy Kotze verwys wat ‘n engel gestuur op my pad haar rustigheid die feit dat sy begrip gehad het het het my van die begin af op my gemak laat voel en ek het besluit ek sal vir hulle wys ek kan die gewig verloor!! My operasie is toe geskeduleer vir einde Aug 2014 en die dag in die hospitaal was my gewig 200.06kg jippie die laaste woorde van Dr Swanepoel aan Dr Potgieter was ……………..Pottie hierdie girl het 26kg net vir ons verloor en Dr Potgieter het gese nou ja laat ons begin en daar het ek aan die slaap geraak. Ek is die Here so dankbaar dat Hy my bewaar het deur die operasie twee dae daarna is ek huistoe pynloos en het daar ‘n lewensbesluit geneem ek sal alles presies doen soos Judy en Dr Swanepoel my gese het dit is vanda die 07 Oktober 2015 en ek is 106kg ligter en my hele lewe het verander ek het altyd gedink my lewe is volmaak ek het ‘n wonderlike man wat nog altyd lief was vir my ek het stunning vriende ek het die wonderlikste werkskollegas maar min het ek geweet hoeveel vreugde my lewe sal wees met al hierdie gewigsverlies klein goedjies wat nie vir maer mense eer saak maak nie ek kan lekker loop ek is “mobile” niks staan in my pad nie ooooooooooooooo en ek het nog altyd gehou van mooi aantrek nou meer as ooit lekker om in die winkels te stap en jy kan net koop hoef nie altyd iemand te he wat vir jou klere maak nie. Dit is die BESTE BESTe besluit van my lewe daar is geen gevoel so lekker as om maer te wees nie en glo my ek het nog so 20kg wat ek wil verloor. Ek hou nog elke dag by wat moet wees eet die regte kos, probeer my bes om te oefen!! Ek sal Dr Swanepoel en sy dames en vir Judy altyd altyd dankbaar wees. My grootste lof en dankbaarheid gaan aan ons Hemelse Vader wat my hierdie kans gegee het op ‘n nuwe lewe en as dit Sy wil is my nog lank sal spaar vir wonderlik tye saam met my man en almal vir wie ek lief is wat so by my gestaan het en nogsteed doen.